Vereniging

Stigting van die Vrystaatse Jagters - en Wildbewaringsvereniging

Die idee om 'n jagtersvereniging vir die Vrystaat te stig het by die volgende persone ontstaan, nl. oorlede Dr. Erwin Hageman, Serfaas Crouse, Paul Maartens, Loffie Pieterse en Kevan Healey. Hulle het 'n loodsvergadering aan die huis van Dr. Hageman te Reddersburg gehou en Mev. Hageman het die notule geneem.

Op 14 September 1981 was die eerste vergadering gehou en Dr. Erwin Hageman het as sameroeper opgetree. Tydens die geleentheid het hy en Loffie Pieterse 'n omsendbrief versprei waarin kennis gegee is van 'n stigtingsvergadering op 24 Oktober 1981 te Maselspoort. As sprekers sou Mnr. H. Simes(L.U.K), Dr. Lucas Potgieter(geweerkenner) Mnr. P. le Roux(direkteur van Natuurbewaring) en Mnr. Nico van Rooyen(taksidermis) optree.

Die stigtingsvergadering was op 24 Oktober 1981 om 15h00 gehou en Mnr. Lou van der Merwe, voorsitter van CHASA, het waargeneem as voorsitter waartydens die volgende bestuur verkies is:

  • Voorsitter: Mnr. J. Diedericks
  • Onder-voorsitter: Dr. E.K. Hageman
  • Sekretaris: Mnr. D.C. Pieterse
  • Tesourier: Mnr. S. Crouse

Daar was onder andere besluit dat ledegeld R20,00 per jaar sou wees. Die dag is afgesluit met 'n osbraai. Op 16 Januarie 1982 was 'n spesiale jaarvergadering op Maselspoort gehou waartydens daar op die volgende besluit is:

  • Grondwet
  • Naam
  • Ouditeure
  • Datum van Jaarvergadering
  • Trofeereëls
  • Sakwapen
  • Baadjie