Hoe om Lid te Word: 'n Eenvoudige Aanlyn Gids
Om by Vrystaat Jagters aan te sluit is nou makliker en vinniger as ooit tevore. Ons het die ou papierwerk-proses vervang met 'n vaartbelynde aanlyn stelsel, die [Hunters Portal]. Jy kan nou van enige plek af aansluit en jou lidmaatskap self bestuur.
As 'n vrywillige organisasie sonder winsbejag, is ons daartoe verbind om vir jou die beste geleentheid te bied om jou liefde vir jag, vuurwapens en die natuur uit te leef.
Jou Aanlyn Proses in 4 Maklike Stappe
- Vind Jou Plaaslike Tak: Die hart van ons vereniging lê in ons takke. Kies 'n tak uit die lys hieronder waarby jy wil inskakel. Dit sal jou tuisbasis wees vir byeenkomste, skietoefeninge en gemeenskapsbetrokkenheid. As jy onseker is, kontak gerus 'n takvoorsitter vir meer inligting.
- Berei Jou Inligting Voor: Om die aanlyn registrasie vinnig te voltooi, hou die volgende byderhand:
- Jou volle name, van en ID-nommer.
- 'n Geldige e-posadres en selfoonnommer.
- Jou volledige woonadres.
- 'n Debiet- of kredietkaart vir veilige aanlyn betaling.
- Registreer op die Hunters Portal: Gaan na [HuntersPortal.co.za].
- As 'n splinternuwe lid, moet jy die "Please join here" funksie gebruik. Moenie probeer om met jou ID-nommer aan te teken nie, aangesien jou inligting nog nie op die stelsel is nie.
- Voltooi jou profiel met die inligting wat jy voorberei het.
- Bestuur Jou Profiel: Sodra jy aangesluit het, gee die Hunters Portal jou volle beheer. Jy kan dadelik:
- Jou eie lidmaatskapkaartjie aflaai en druk.
- Jou persoonlike besonderhede en kontak-inligting op datum hou.
- Jag- en skietaktiwiteite oplaai om aan jou Toegewyde Status vereistes te voldoen.
- Aansoek doen vir endossemente en belangrike dokumente aflaai.
Lidmaatskap Tipes en Fooie
Lid Tipe |
Ouderdom / Beskrywing |
Aansluitingsfooi |
Jaarlikse Ledegeld |
Hooflid |
18 - 64 jaar |
R200 |
R820 |
Dames / Gade |
Gade van 'n hooflid |
R200 |
R310 |
Pensioenaris |
65 jaar en ouer |
R200 |
R525 |
Junior |
10 - 18 jaar |
Gratis |
Gratis |
Student |
18 – 22 jaar |
Gratis |
Gratis |
Vind Jou Plaaslike Tak
Kontak gerus 'n voorsitter om meer uit te vind oor tak-aktiwiteite in jou area.
Taknaam |
Voorsitter |
Kontakbesonderhede |
BLOEMFONTEIN |
Mnr D Bodenstein |
Sel: 083 4899 193 |
BROEDERSPUT - VRYBURG |
Mnr T Venter |
Sel: 083 284 3431 |
DEWETSDORP |
Mnr Phillip Oosthuizen |
Sel: 083 406 9511 |
GOUDVELD |
Mnr CFS de Jager |
Sel: 083 788 1725 |
JACOBSDAL |
Mnr M Boshoff |
Sel: 083 561 6453 |
KROONSTAD |
Mnr Ajay Brits |
Sel: 082 555 0922 |
MOOIVELD |
Mnr. G Lyell |
Sel: 084 567 7746 |
NOORD |
Mnr JJ van Zyl |
Tel: 057 451 2916 |
PERU |
Mnr. AP Kramer |
Sel: 083 992 6406 |
PETRUSBURG |
Mnr Hannes van Aswegen |
Sel: 079 695 8288 |
RIEMLAND - HEILBRON |
Mnr HAM Fourie |
Sel: 082 775 1922 |
RIETRIVIER |
Mnr Arno Pienaar |
Sel: 078 107 5148 |
ROOFDIERBEHEER |
Mnr PJL Nel |
Sel: 082 782 7445 |
SENEKAL |
Flip du Buisson |
Sel: 082 388 2429 |
STEUNMEKAAR |
Mnr Strauss Jacobs |
Sel: 073 784 4342 |
SUID |
Mnr Sakkie Kotze |
Sel: 083 276 6007 |
VISIERSKERF - FICKSBURG |
Mnr W de Villiers |
Sel: 082 923 6645 |
VREDEFORT |
Mnr W van Niekerk |
Sel: 073 276 4386 |
Opleiding en Ontwikkeling
Vrystaat Jagters bied aan lede verskeie opleidingsgeleenthede om hul vaardighede te ontwikkel. Alle kursusse word sover moontlik gratis aangebied, alhoewel 'n baanfooi of bydrae tot die aanbieder se kostes soms versoek kan word.
- CHASA Bekwame Jagter:
- Sluit in: Handleiding, kursus, eksamen en praktiese skiettoets.
- Koste: R150 vir die handleiding; R100 vir die eksamen, skiettoets en sertifikaat.
- CHASA Toegewyde Sportskut Opleiding:
- Verskeie dissiplines vir senterslag- en .22-gewere, handwapens en semi-outomatiese gewere.
- Ander Opleiding:
- CHASA Amptelike Meters (SA Meetmetode)
- CHASA Baanoffisiere
- Vrystaat Jagters Toegewyde Jagter Status:
- 'n Volledige kursus is beskikbaar op ons Hunters Portal.
- Koste: R450 vir nuwe aansoeke.
- (Recognition of prior learning) Indien jy reeds toegewyde jagter status van 'n ander vereniging verkry het, kan jy dit na Vrystaat Jagters oordra teen 'n fooi van R250.
- Vrystaat Jagters Toegewyde Sport Skiet Status:
- 'n Volledige kursus is beskikbaar op ons Hunters Portal.
- Koste: R450 vir nuwe aansoeke en R180 jaarlikse hernuwing.
- (Recognition of prior learning) Indien jy reeds toegewyde jagter status van 'n ander vereniging verkry het, kan jy dit na Vrystaat Jagters oordra teen 'n fooi van R250.
Formele CHASA-sertifikate kos R100, en amptelike CHASA-kentekens is ook teen betaling beskikbaar.
Begin Jou Aanlsuitingsproses op die Hunters Portal