+27825587189  
Intertak Skiet Sept 2019 Photo Gallery | Vrystaat Jag

Intertak Skiet Sept 2019


Bloemfontein is weer bevestig as die mekka van sportskiet in die streek met die onlangse Provinsiale Spanskiet Kompetisie wat die Saterdag (31Aug2019) by die Chris Kleinhans skietbaan tuisbaan van Vrystaat Jagters Vereninging plaasgevind het.

Spanne van uit die hele provinsie het deelgeneem om die gesogde titel wat die afgelope paar jaar 'n staanplek in Bloemfontein gekry het. Die naweek se skiet het gesorg vir 'n naalbyt einde met Roofdierbeheer A 'n affiliaat span wat spesialiseer in Roofdier skiet en Roofdier-beheer onder die Vrystaat Jagters Vereniging vlag. Die manne se vermoë veral op die ver skiet is baie bekend en met net een baan oor om te skiet was hulle goed geplaas om die dag te wen. Maar die senuwees en die omstandighede met hittegolwe wat die sig versper deur die groter teleskope en 'n erge wind van tot 8km per uur, skuins uit die weste.  Roofdierbeheer A is toe bekroon as die groot verloorders op die dag en hulle moes met 4de plek tevrede wees na die naalbyt einde. Mans en vroue kompeteer op gelyke vlak met mekaar in spanverwant in die kompetisies en met Nasionale en Proteas span skuts soos Anneke Bresler en Annelize Pieterse in die spanne is die manne maar tog te bly om bietjie hulp te ontvang by die skoner geslag om hulle 'n voorsprong te gee.

Die volgende ope kompetiesie op die baan is Saterdag 7de September waar die Roofdierbeheer manne en vroue hulle baan gaan opstel vir 'n lekker sosiale skiet met jag-gewere. So stof die roere af en kom gerus saamskiet - almal welkom stakel Louis Nel by 082 782 7445 of Lita: 051 444 1793

Die 24ste September is daar weer 'n Nasionale Chasa Multi disipline kompetiesie en selfs die manne met die "Big-Bore" gewere -  Groot en gevaarlike wild kalibers gaan mekaar aanvat op die dag.

1ste Plek: Bloemfontein A span

1ste Plek: Bloemfontein A span

2de Plek: De Wetsdorp A span

2de Plek: De Wetsdorp A span

3de Plek: Dewetsdorp B span

3de Plek: Dewetsdorp B span

4de Plek: Roofdierbeheer A span

4de Plek: Roofdierbeheer A span




© Copyright Vrystaat Jagters 2024. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of Vrystaat Jagters.